https://sachild.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/156/HorskoolPionierLogo-1538573860.png

Hoërskool Pionier

16 Landrosstraat, Vryheid, KwaZulu-Natal, South Africa

Gallery

Business Details

Regverdigheid, Eerlikheid, Respek, Geloof, Omgee - Die waardepilare waarop ons skool in Vryheid wil bou in ons gedrewenheid om ons leerlinge en personeel positief te beïnvloed.

Hierdie vyf baniere begroet jou wanneer jy ons terrein in beweeg. Met dank aan die ATKV en ons eie jeugtak, en saam met lede van die Reklamekommitee, gee ons nou duidelik gestalte aan ons voornemens by die skool.

Die vakke en vakpakketsamestelling wat by Hoërskool Pionier aangebied word, word in die volgende dokument uiteengesit. Die skakel hierbo is 'n PDF-formaat weergawe van die inligting waarby ook 'n vorm aangeheg is wat ingevul en saam met enige nuwe aansoeke, of deur graad 9 leerlinge vir graad 10 vakkeuse aansoeke by die skool ingehandig moet word.

Pionier is tans besig met die opgradering van hul badkamers. Met baie mooi moderne styl kan ons leerders met gemak hul nuwe badkamers gebruik.

Pionier beskik oor 'n volle toegeruste gymnasium wat elke middag van 14:30 - 17:00 beskikbaar is vir leerlinge om te gebruik. Hierdie vind plaas onder die leiding van 'n bekwame instrukteur.

Ons Swembad word ook ten volle benut waar ons Gala's hou en ook afrigting beskikbaar is vir leerders.

Ons tuine is sprokieprent mooi. Ons leerders en personeel is trots op hierdie pragtige groen tuine waar ons rustig kan verkeer.

Ons het ook uitmuntende sportfasiliteite waarop ons leerder elke middag hul energie kan verbrand. Vanaf ons pragtige Losie kan al die sportvelde gesien word, en kan op hoogte gebly word gedurende sportdae.

Pionier is ook tans besig met die opgradering van ons Krieketveld en kan nie wag om in 2016 hom uit te toets nie.

Ons Astro-hokkieveld is die nuutste toevoeging tot ons sportarsenaal. Onder die bekwame leiding van ons hokkie direkteur, kry hokkiespelers afrigting van die beste op 'n baan van internasionale standaard.

Ons het ook 'n Prag Koshuis - Ons huis weg van die huis! Hier kan elke leerling hom/haar self tuis maak en sommer weet almal om hom/haar is soos familie.

SIEN ONS WEBERF VIR MEER INLIGTING

Videos

Map Location

Map Directions

BUSINESS REVIEWS

Add Review

There are no reviews at the moment

company map
16 Landrosstraat, Vryheid, KwaZulu-Natal, South Africa

Social Networks